‘n Vrou (61) van Roodepoort is steeds in 'n ernstige toestand in 'n hospitaal hier nadat 'n verwoede seekoeibul haar en haar dogter Vrydag in die Krugerwildtuin aangeval het.
"Dit gaan glad nie goed met my ma nie. Sy was reeds in die teater,
maar haar toestand is steeds baie ernstig," het me. Tretia Meyer (42), die seekoei se eerste slagoffer, vertel.
Sy en haar man, Gerhard, en haar ma, me. Rens van Niekerk, was onder 'n groep van agt vriende wat aan 'n begeleide staptog naby die Krokodilbrug-kamp deelge-neem het. Kortna 08:00, oppadterugnadie kamp, het die seekoei sonder waarskuwing uit 'n diep poel in die Krokodilrivier gestorm. "Ek vermoed ons was in die paadjie waarlangs die dier altyd loop."Hy wou seker net van die men-se af wegkom. "Toe hardloop hy ons plat," het Meyer gese. Die dier het Meyer eers platge-loop voordat hy Van Niekerk beet-gepak het. Hy het haar aan die lyf gebyt en eenkant toe geslinger, het Meyer vanuit haar hospitaalbed vertel. Van Niekerk het verskeie ernstige beserings, onder meer aan haar rug en linkerkuit. "Die seekoei se slagtand het my ma se lyf ook deurboor en haar nie-re rakelings gemis," het Meyer gese. Die dier het daarna ook bo-oor Van Niekerk gehardloop en in die bosse verdwyn.
Die wildtuin se helikopter is na die toneel ontbied, maar weens die erns van die twee se beserings is die hulp van die Rooi Kruis se Air Mercy Services (AMS) in Nelspruit ingeroep. "Ons was bekommerd oor mev. Van Niekerk se toestand omdat sy inwendige beserings opgedoen het," het Dr. Ilse von Watzdorf van AMS gister gese.
Van Rensburg is na noodbehan-deling met die AMS-helikopter na die Rob Ferreira Provinsiale Hospitaal in Nelspruit geneem. Sy is later na die Nelspruit Medi-Clinic oorgeplaas nadat die wildtuin onderneem het om haar me-diese koste te betaal.
Meyer word vandag uit die hospitaal ontslaan. Volgens Mnr. William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, is hulle steeds in die duister oor hoe- kom die dier die stappers aangeval het.
"Daar was nie eens kleintjies by wat seekoeie gewoonlik nog ag-gressiewer maak nie." Mev. Robyn Baard, woordvoerder van Medi-Clinic, het gese Van Niekerk se toestand is stabiel en sy is steeds in die waakeenheid.
Mabasa het gese die seekoei gaan nie van kant gemaak word nie.
Article: Burger (Oos Kaap)
Date: 13 April 2009
Journalist: Buks Viljoen
Picture: AMS
