Die man wat Sondag van Tafelberg na sy dood geval het, het twee briewe gelos wat op die toneel deur noodreddingsbeamptes gevind is.
Volgens supt. Randall Stoffels, ‘n polisiewoordvoerder, is die man as mnr. Finn Anthony Anderson (67) geIdentifiseer. Sy laaste woonadres wat die polisie kon vasstel, is in Goodwood. Stoffels kon nie bevestig dat die twee notas wat gevind is wel self moordnotas is nie. Die een brief is in Anderson se rugsak gevind en die ander in sy broeksak.
Wildernis-soek-en-redding het gisteroggend die lyk van die berg verwyder met behuip van ‘n helikopter van die Rooi Kruis Air Mercy Service (AMS).
Anderson het Sondag omstreeks 17:50 naby ‘n voetslaanpad naby Platteklip-ravyn geval. ‘n Stapper het sowat 80 m van the bokant van die berg op die lyk afgekom. Die nooddienste is onmiddellik ontbied. Noodreddingsbeamptes het vergeefs probeer om die lyk van die berg af te haal met die AMS-helikopter. Weens ongunstige weersomstandighede moes hulle die proses gisteroggend voortsit.
"Die ondersoek is nog in te ‘n vroe" stadium om te bevestig wat die oorsaak van die man se dood is," het Stoffels gesê.
Die oorsaak van Anderson se dood sal eers later vandeesweek bekend gemaak word.
Die erg ontbmde lyk wat in Desember op Tafelberg gevind is, is steeds in die proses van rekonstruksie sodat dit uitgeken kan word. Wildernis-soek-.n-redding hit gisteroggend die lyk van mnr. Finn Anthony Anderson (67), wit teen Tafelberg geval hit, afgehaai.
Artikle: Burger (Suid Kaap)
Datum: 19 Januarie 2010
Joernalis: Jana Breytenbach
Foto: Taryn Carr
