KIMBERLEY. - Vier swanger vroue in die Noord-Kaap is die afgelope tyd weens bloeding en geperforeerde derms dood nadat hulle van plattelandse hospitale na die Kimberley-hospitaal oorgeplaas is.
Cope in die Noord-Kaap sê die inligting is onthul in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag van mnr. Pakes Dikgetsi, Cope-lid in die Noord-Kaapse wetgewer en lid van die portefeuljekomitee vir gesondheld.
Twee van die vroue het van die hospitaal op Barkly-Wes en die ander twee van onderskeidelik die hospitale op De Aar en Hartswater gekom waar nie die nodige bronne was om die vroue te behandel nie, sê Cope.
Dikgetsi sê die vroue is na die Kimberley-hospitaal oorgeplaas, omdat byna elke ander gesondheidsinstelling van die Noord-Kaapse departement van gesondheid nie die vermoë het om komplikasies met swangerskappe te hanteer nie.
Luidens Cope het die antwoord ook onthul dat altesaam 42 vroue die afgelope twee boekjare weens sulke komplikasies in gesondheidsinstellings van die Noord-Kaapse departement van gesondheid dood is.
Dikgetsi Sê: "By die geriewe mag hospitaal op die muur buite geskryfwees, inaar in werklikheid is dit hol doppe. Die groot getal verwysings na Kimberley van verafgeleë gebiede in die Noord-Kaap, maak dit absoluut noodsaaklik dat inediese nooddienste doeltrefifend en veilig is." Cope in die Noord-Kaap eis nou ook dat ‘n noodinspeksie gehou word van die weermag se vermoë om pasiënte in die Noord-Kaap per lug te vervoer. Bogenoenide vroue is per pad vervoer.
Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Rooikruis-lugambulansdiens (AMS) se kontrak om pasiënte in die provinsie per lug te vervoer beëindig is. Die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens gaan nou die diens lewer.
Dikgetsi sê sy party will hê ‘n buitengewone oorsigbesoek aan die Kimberleyse militêre basis moet gereel word. "Ons gee nie om dat die wetgewer veronderstel is om tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi vakansie te hou nie. "Ons het aan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir gesondheid en die speaker geskryf. Ons eis hierdie inspeksie en die hel sal losbreek as ditnie gebeur nie." Dikgetsi wil ook hê mnr. Mxolisi Sokatsha, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, moet met die inspeksie persoonhik teenwoordig wees.
"Ons kan nie verstaan hoekom die LUR so ‘n mal besluit sal neem nie. "Ernstige kommer bestaan oor die weermag se vermoë om diens van dieselfde standaard as die vorige kontrakhouer to lower. "Honderde mense, wat andersins veilig vervoer sou word, kan in die komende maande sterf as die diens nie op standaard is nie," sê Dikgetsi. Die Noord-Kaapse departement van gesondheid sê in reaksie hierop alle politieke partye hot die vryheld om eise te stel en voorstelle oor verskeie sake te maak om mense se lowe te verbeter.
Die toepasliko prosedures is govoig en sal voortaan gevolg word wanneer aandag aan eise en voorstelle gegee word wat aan die departement gestuur word. Die doel is om diens van beter gohalte aan gemeenskappe te verseker.
Artikle: Volksblad (Noord Kaap)
Datum: 10 Junie 2010
Joernalis: Hannatjie van Der Merwe