'N | Amerikaanse tienerseun het Saterdag op Tafelberg in 'n ravyn na sy dood geval. Michael Ryan Berisa (14) was saam met sy ouers en 12-jarige broer van die staat Texas op be-soek in Suid-Afrika om die Wéreldbeker-sokkertoernooi by te woon. Die ouers en seuns het Saterdagoggend per kabelkar na die kruin van Tafelberg gery, waarna hulle 'n staproete gevolg het, het kapt. Angie Latchman, 'n polisiewoordvoerder van Claremont, aan Die Burger gese.
Hulle het vermoedelik die Smuts-voetslaanroete gevolg en die meer as 5km na Skeleton Gorge afgelé. By die ravyn word met twee kettinglere na onder geklim, waarvandaan die roete na die Nasionale Botaniese Tuin Kirstenbosch lei. "Op pad van die een leer na die volgende het Michael aan 'n boomtak vasgehou om oor die afgrond na die vlak rivier onder te kyk."Die tak het egter gebreek en Michael het sowat 20m ver geval," het mnr. Kogalien Moodley van die soek-en-reddingsorgani-sasie Wilderness gese. Me. Merle Collins, 'n woordvoerder van die Tafelberg Nasio- nale Park, het gesé die paadjie was nat, maar dit het nie gereën toe hulle gestap het nie. Die voorval het vermoedelik omstreeks 14:00 plaasgevind. Die seun se lyk is per helikopter uit die rivierbedding gelig. 'n Paramedikus het sy ouers en broer uit die berg na onder begelei. Die polisie het beraders na die toneel ontbied om die gesin, wat erg getraumatiseerd was, by te staan, het sy gese. Collins het haar medelye uitgespreek met die ouers en broer, wat gisteraand teruggevlieg het Texas toe. "Sodra die weer verbeter, sal ons 'n span stuur na die plek waar die seun geval het om te probeer vasstel presies wat gebeur het. Die paadjie is goed gemerk en bale gewild. Baie mense stap elke naweek op hierdie pad."
In 'n ander, onverwante, voorval is 'n Amerikaanse tiener, Sophia Lopez-Leyland (16), gisteroggend veilig aan haar ma besorg nadat sy vroeer in Kaapstad vermis geraak het.
Latchman het gesê die tienermeisie se ma het haar omstreeks 09:00 gebel om te se haar dogter is veilig, berig Maygene de Wee. Die meisie het na verneem word Saterdagaand na 'n woorde-wisseling met haar ma in die Cavendish Square-winkelsentrum die sentrum om 20:15 verlaat.
Die polisie en sekerheidsbeamptes van die sentrum kon op kringtelevisie sien dat sy die sentrum by die Vineyardstraatse uitgang verlaat het. Latchman het gesê al die nagklubs en ander winkelsentrums in die omgewing is onmiddellik deursoek. Sy kon nie gister enige besonderhede gee van waar die tiener-meisie was en die omstandighede waaronder sy teruggevind is nie. Sy het gesê die aangeleentheid word nog ondersoek.
Artikle: Die Burger (Oos Kaap)
Datum: 14 Junie
Joernalis: Aldi Schoeman
Foto: Lulama Zenzile
.jpg)