Reddingswerkers het gister hul hande vol gehad aan die Valsbaaise kus en in die Overberg om mense wat in die water in die moeiikheid beland het, te red.
Boonop het ‘n ure lange soektog na ‘n 13-jarige seun van Elsiesrivier wat omstreeks 10:15 by Kogelbaai naby Gordonsbaai in die see vermis geraak heit, nog niks opgelewer nie. Volgens me. Venessa Horn, ‘n woordvoerder van die Metro Rooi Kruis AMS, het hulle kort tevore ‘n tiener uit die water by Kogelbaai gehaal. Hy is na ‘n plaaslike hospitaal gebring.
Lede van verskeie reddingsdienste het menseredders omstreeks 10:15 bygestaan nadat die kind as vermis aangemeld is. Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, die polisie se duikeenheid, die metroreddingsdienste en ‘n Metro Rooi Kruis AMS-helikopter het aan die soektog deelgeneem.
Mnr. Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesé ondanks ‘n intensiewe soektog is nog geen teken van die kind gevind nie. Hy het vermoedelik verdrink. Supt. André Traut, ‘n polisiewoordvoerder, het gesé “Ons kan die voorval bevestig en datpolisieduikers help in die soektog. Verder kan geen inligting gegee word nie omdat dit nog in die NSRI se hande is. Sodra die kind gevind word, sal die polisie die saak oorneem.”
Lede van die NSRI in Hermanus is omstreeks 11:35 na Harderbaai in Onrusrivier ontbied nadat ‘n rubberboot met vier kreefvangers aan boord omgeslaan het.
Twee Oryx-helikopters van die Suid-Mrikaanse Lugmag en ‘n helikopter van die Overberg branden-reddingsdienste wat daarnaby besig was om brande te bestry, is ook na die toneel ontbied. “Met die reddingswerkers se aankoms by die rubberboot het twee onbekende jeugdiges reeds die bemanningslede na veiigheid gebeip,” het Lambinon gesé.
‘n Sak waarin onder meer die slagoffers se motorsleutels en selfone was, is deur ‘n reddmgswemmer van die NSRI teruggevind. Niemand is in die voorval beseer nie.
‘n Vrou wat gistermiddag beseer is toe sy by ‘n waterval by Crystal Pools naby die Steenbrasrivier-mond afgespring het, is deur reddingswerkers uit die water gehaal en na die Vergelegen MediClinic gebring.
By Pearly Beach is ‘n vrou en haar kind in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem nadat hulle ter nouernood van verdrinking gered is. ‘n NSRI-vaartuig jaag na die toneel in Harderbaai, Onrusrivier, waar ‘n rubberboot met vier kreefvangers omgeslaan het. Niemand is in die voorval beseer nie.
Artikle: Burger (Suid Kaap)
Datum: 30 Desember 2009
Joernalis: Nurene Jassiem en Malani Venter
Foto: MC Botha
