Outa Lappies sterf toe Iapkleed vlam vat een van die bekendste kunstenaars en persoonlikhede van die Klein-Karoo, Mnr. Jan Schoeman (87) is gisteroggend dood. Schoeman, beter bekend as Outa Lappies, het aan brandwonde beswyk nadat sy kenmerkende en kleurryke laslappiejas aan die brand geraak het.
Volgens Me. Faiza Steyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het hy 80% brandwonde oor sy lyf gehad. Mnr. Benjamin Rossouw, wat die afgelope 13 jaar in die spoorweghuisie op die Prins Albertweg-stasie langs Outa Lappies gewoon het, het gister vertel dat hy Woensdag omstreeks 10:00 agter die skerm vuurgemaak het om waswater te kook. "Sy jas het vlam gevat en toe hy om hulp roep, het ek en my dogter Felicity (26) omgehardloop en die vlamme met 'n emmer water geblus. "Al die Mere is van sy lyf af gebrand," het Rossouw gister gese. "Sy stewels was aan sy voete vasgebrand. Net sy gesig het nie gebrand nie." 'n Ambulans is van Prins Albert af laat kom. "Hy was heeltemal bewus van wat om horn aangaan.
Hy het nog 'n paar tree gestap voordat hy op die draagbaar gaan sit het," het Rossouw gese. Van die Prins Albert-hospitaal is Outa Lappies met die Rooi Kruis AMS-helikopter na die George-hospitaal gevlieg. Mnr. Niekie Schoeman, sy broer se kleinkind, is Donderdag omstreeks 02:00 laat weet Outa Lappies is in 'n kritieke toestand. Schoeman het gese: "Toe hy in die ambulans klim, het hy vir ons gewaai en gese: `Baai, ek weet nie of ek julle weer gaan sien nie'." Me. Zelia Mullins, bestuurder van die Prins Albert-toerismekantoor, het Outa Lappies beskryf as 'n trekpleister vir toeriste en besoekers aan die dorp. Volgens Me. Madeleine Barnard, 'n vriendin, was hy 'n Karoo-filosoof wat 'n bydrae gelewer het tot sogenaamde buitestanderkuns - mense wat hul eie definisie van kuns skep en uitleef Verslagspan: Eugene Gunning, Michelle Pienaar en Tisha Steyn Mnr. Jan Schoeman (87), beter bekend as Outa Lappies.
Artikle: Die Burger (Oos Kaap)
Datuum: 08 Julie 2011