Die Suid Afrikaanse Rooi Kruis se Air Mercy Service helikopter op die toneel. Paramedici laai mnr. Morkel in helikopter nadat hy op die toneel gestabilisee is.
‘N KLAG VAN strafbare manslag word deur die Macassar polisie ondersoek nadat Abraham Morkel (81) van Firgrove Maandag in die Vincent Palotti hospitaal beswyk het.
Luidens ‘n polisieversiag het ‘n Kongo lese burger in sy dertigs, verlede Donderdag omstreeks 10:00 skynbaar versuim om by ‘n stopstraat op die hoek van Derde en Skoolstraat te stop en Morkel van sy fiets gestamp. Die bestuurder was in besit van ‘n kode 10 Kongolese bestuurslisensie.
Morkel, wat ernstige kopbeserings opgedoen het, is kort daarna met die Suid-Afrikaanse Rooikruis se Air Mercy Service helikopter na die Vincent Palotti hospitaal geneem.
Ooggetuies word gevra om die ondersoekbeampte inspekteur Carl Rosenberg by (021) 857-7108 te bel.
Artikle: District Mail
Datuum: 3 Desember 2009
Joernalis: Deliah Brinkhuis
