Drie Britte uitgeken wat op toer sterf

warning: Parameter 1 to ams_field() expected to be a reference, value given in /usr/www/users/amsgvy/includes/theme.inc on line 170.

Die drie Britse studente wat eergister in ‘n ongelulk buite Barberton in Mpumalanga dood is, is uitgeken. Hulle is mnr. Daniel Greenwood (22) van Syston, en mee. Samantha Lake en Eleanor Payne, albei 19. Die meisies is onderskeidelik van Hinckley en Syston in Brittanje.

Die drie se lyke word na verwagting vandag na Londen teruggevlieg nadat die lykskouings gister in Nelspruit afgehandel is. Die drie was deel van ‘n groep van 18 studente van ‘n landboukollege, Brooksby Melton College in Leicestershire, Engeland, en hulle was op ‘n studietoer deur Suid-Afrika. Lake en Payne is op slag dood toe die Fuso-Overlander-vragmotor waarmee hulle deur Suid-Afrika getoer het, naby Barberton omgeslaan het. Die ongeluk het op die bergagtige pas van die Bulembu-pad tussen die Josefsdal-grenspos en Barberton gebeur. Die studente het op 1 Junie in Kaapstad aangekom en met hul toer begin. Hulle was die afgelope paar dae in Swaziland en het deur die Josefsdal-grenspos die land binnegekorn. Hulle sou eergister in Nelspruit oornag voordat huile gister sou terugvlieg Londen toe.

Greenwood is kritiek beseer toe die vragmotor op horn geval en hy onder meer sy rug vergruis het. Hy het ook ernstige inwendige beserings opgedoen. Hy is ná die ongeluk deur ‘n helikopter van die Rooi Kruis se Air Mercy Services by die ongeluktoneel opgepik en ná die Neispruit Medi-Clinic gevlieg. Hy is kort ná sy aankoms vir ‘n noodoperasie teater toe geneem, maar is gedurende die operasie dood. Minute voor sy dood is dr. Nicola Brewer, Britse hoe kommissaris wat van Pretoria ná Neispruit deurgejaag het om haar landsburgers te ondersteun, na hom toe geneem. Saam met die 18 studente in die voertuig was twee dosente, mnr. Leslie Wojnarwicz, die Zimbabwies-gebore vragmotorbestuurder, en mnr. Trevor Dearlove, ‘n Suid-Afrikaanse toergids van Kaapstad. Wojnarwicz het ná die ongeluk aan die polisie gesê hy het in ‘n stadium gesukkel om die toertuig in rat te kry en het beheer daaroor verloor. Die vragmotor het op ‘n skerp draai omgeslaan. Van die beseerdes is reeds gister ontslaan en onder streng bewaking van die Britse hoëkommissariaat by die Town Lodge in Nelspruit gehuisves.

Die media is van die oorlewendes weggehou. Me. Robyn Baard, woordvoerder van die Medi-Clinic in Neispruit, het gister gesë nog 11 van die beseerdes word in die hospitaal behandel. “Almal is in ‘n bevredigende toestand en buite gevaar. Die vier wat in die. waakeenheid was, is na ander sale verskuil”

Artikle: Beeld Naweek

Datum: 12 June 2010

Joernalis: Buks Viljoen